top of page

Sport en Kultuur

Ons bied die volgende buitemuurse aktiwiteite by Laerskool Gill aan:

​

Krieket

Tennis

Swem

Atletiek

Hokkie

Koor

​

Hieronder is 'n paar prettige feite oor ons ervare afrigters:

Rugby

Netbal

Skaak

Landsdiens

Teikenskiet

​

img-7796_edited.jpg

Rugby

Ons o/13-rugbyafrigter het provinsiale rugby-afrigtingservaring!

By Laerskool Gill is ons trots op ons rugbyspanne. Die fisiese en sosiale ontwikkeling wat ons kinders leer is so belangrik vir hul alledaagse groei. Rugby help kinders met selfvertroue en om vriende regoor die land te maak.

Landsdiens

Ons landsdiensonderwyseres is tans die ondervoorsitter vir Landsdiens Oos-Kaap.

Landsdiens is ‘n omgewingsgeoriënteerde jeugbeweging wat toeganklik is vir graad 4-7 leerders by Laerskool Gill. Ons streef daarna om die liefde vir, sowel as die beskerming van die omgewing en natuurlike hulpbronne te verbeter.


Ons aktiwiteite spruit uit die vier pilare van Landsdiens: Liefde vir ons Skepper, Liefde vir jou naaste, Liefde vir arbeid en Liefde vir die Omgewing.
Afhangende van omgewing en kriteria, is Land Service ook toekenning gebaseer.

'Facta non verba'- Dade nie woorde nie.

275893453_346929040784028_3182749807312856479_n.jpg
Gill Primary.Still028.png

Netbal

Ons o/12-afrigter het senter gespeel en SA verteenwoordig in Abu Dhabi in 2019. Sy het ook spanne in Bloemfontein afgerig wat hulle tot by die eindronde in die Vrystaatbeker geneem het.

Netbal is ‘n deurslaggewende deel van ‘n dogter se primêre onderwys. Dit leer hulle spanwerk, om vaardighede en konsepte, asook veelvuldige take te begryp. By Laerskool Gill hou ons daarvan om te sien hoe ons dogters elke jaar groei en elke week verbeter soos hulle oefen.

Swem

Ons het 'n swembad met 2 onderwysers wat opgelei is in hul afrigting Vlak 1.

Swem is 'n nie-kontak sport wat die hele liggaam as 'n eenheid ontwikkel. Dit ontwikkel spiertonus, balans en versterk van kop tot tone.

333823627_1137274370282442_7845735855907503963_n.jpg

Laerskool Gill Primary School

"Laerskool Gill is een van die topskole in Somerset-Oos!" - Anoniem

©2022 deur Laerskool Gill.

bottom of page